Onskuldig is 'n ensamble album met die talente van vele kunstenaars, nie net van Suid Afrika nie, maar ook Nederland. Van die kunstenaars moes Afrikaans foneties leer om te sing op die album, liedjies soos Sol Invictus en Nagtegal want Afrikaans is nie hulle Moedertaal nie, dis Nederlands. (Dankie Digiheks vir julle harde werk).
Die album word opgedra aan Afrikaans. Ons pragtige taal is vanjaar 100 jaar oud. Dit word ook opgedra aan ellke Afrikaans-sprekende van elke kleur en geur, wie se hart Afrikaans klop. Vir Julle.
Die Wolf Projek is Allen Wolfie Simpson se gedigte wat deur 'n ensamble van verskeie kunstenaars soos die Nederlande band Digiheks en Philip Marais verwerk en gesing word.