🔗 ⚙️

Abba from Abba by Frieda van den Heever

Tracklist
2.Abba4:19
Lyrics

Vader, Pappa, Yahwe
U ken my sit, my staan, my lê
U weet voor my siel wat ek gaan sê U deurgrond my hart, my hoef, my hê
Vat my beleggings, my besittings,
my bestanddele, my naam
Belê my, besit my, “U IS” U is my bestaan Of ek kom en of ek gaan
Met hallelujahande of helemal gedaan Tel my op en vat my saam
Abba my, Vader
Abba, my Vader
Hoe verder, Here, nader
My knieë is lam en my voete is seer Ek is moeg van self probeer
U wat nie blyplek het nie en altyd by my bly Ek voel nêrens
maar ek weet U’s êrens sterre en stof
laat klink u lof
Sy is langs my, voor my agter my, nader as ek aan my
As ek roep, as ek stilbly, God is naby Invoked or not invoked, God is present.
Woorde en Musiek: Frieda van den Heever
Abba, my Vader Abba my, Vader
Ek dag ek’s “halfway there ‘cause I’m living on a prayer” Ek slaap op gebed
dis al kooi wat ek oorhet
toe ou Jan van langsaan bekommerd raak, my kom wakkermaak en sê
“Aweh, genoeg gelê.
Die pray-er ís die prayer!”
en my optel, soos ‘n kind op sy rug
Abba, my Vader
Nader, Here, nader
Al die ekke smag na onse, Vader Abba ons weer
Abba ons, Vader
Al hoe verder, Here, nader
Al die onse wat in u Naam vergader skree: Abba, ons Heer!

Credits
from Abba, released January 13, 2021
Written and Composed by Frieda van den Heever
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations